PERSONEEL


DEPARTEMENTELE POSTE
Mnr. Willem Engelbrecht
Hoof
B.Com.
H.O.D.
M Ed
IF remediëring

Mnr Engelbrecht is vanaf 2009 hoof by HSP. Hy was voorheen hoof by Hartbeespoortdam.
Marietjie Potgieter Me. Marietjie Potgieter
Adjunkhoof
B.Sc. (Stellenbosch)
H.O.D. (Stellenbosch)
Wiskunde Graad 10-12

Me. Potgieter se eerste aanstelling was aan Hoërskool Hottentots-Holland in Somerset-Wes. Hierna volg by Hoërskool Hangklip (Queenstown), Masibulele College of Education (Whittlesea) en Hoër Landbouskool Winterberg (Fort Beaufort). Sy is vanaf 2006 by Hoërskool Porterville. Me. Potgieter het in die verlede verskeie provinsiale netbal spanne afgerig.
Jean Mnr. Jean Steenkamp
Departementshoof (Laerskool)

B.Ed (Wellington)

Graad 5-klasopvoeder
Afrikaans, Engels, NW+Teg en SW Graad 5
Engels Graad 6

Mnr. Steenkamp het sy skoolloopbaan in HS Porterville voltooi. Hy het in Wellington studeer, daarna vir 8 jaar gaan skool hou op De Doorns by Hoërskool Hexvallei. Het het 'n groot passie vir sport en die natuur.
Elmarie Mev. Elmarie Breytenbach
B.Sc. (Stellenbosch)
H.O.D. (Stellenbosch)

Wiskunde Graad 8 - 9 & 10
Wiskundige Geletterdheid Graad 12

Vanaf 1984-1987 hou mev. Breytenbach skool by Hoërskool Overberg in Caledon. In 1988 toer sy oorsee saam met haar man. Die volgende vier jaar gee sy onderrig by Umso Secondary School (Colesberg) en Hoërskool Colesberg. In 1991 verhuis sy en haar gesin na Rawsonville en hou sy agtereenvolgens skool by Hoërskool Hexvallei, Hoërskool Goudini en Hoërskool Tulbach voordat sy in 2002 by Hoërskool Porterville se personeel aansluit.
Mev. Breytenbach het drie dogters, Jeannie, Ninien en Mardi.
Andre Mnr. André de Jager
QBE
Fasehoof IF
Graad 6-klasopvoeder
Lewenskoriëntering Graad 10
SW Graad 7
Wiskunde Graad 5
Afrikaans, NW+Teg en SW Graad 6

Ester

Mev. Ester de Jager

O.D. (Junior Primêr) (Paarl)
Fasehoof GF
Graad 3-klasopvoeder

Mev. De Jager begin haar onderwysloopbaan by Hoërskool Porterville in 1984. Sy is getroud met mnr. André de Jager, wie ook op die personeel is. Hulle het twee seuns en 'n dogter.

Jeanne

Mev. Jeanne Kriel
B.Ed. (Wellington)
Graad 4-klasopvoeder
Afrikaans, Engels, Wiskunde, NW+Teg en SW Graad 4
Mev. Kriel het haar hele skoolloopbaan in HS Porterville voltooi. Sy het in Wellington studeer, daarna vir 4 en 'n half jaar gaan werk op Ashton en hou van 2009 by HSP skool. Sy is getroud en het 2 seuns.

Helene

Mev. Helene O’Kennedy

B.Mus Ed. (Stellenbosch)
Musiek Graad 10-12
Skeppende Kunste Graad 9B (Spesiale leerbaan)
Hoër- en Laerskoolkoor
Dramaklub
Mentor: ATKV
Hoofkoördineerder: Sangfees, Musiek- en Kultuuraande

Mev. O'Kennedy matrikuleer aan Pinelands High. en studeer daarna aan Universiteit Stellenbosch. Sy het in die Canticum Novum (Studentekoor) gesing en was ook betrokke by 'n sang- en evangelisasiegroep. Sy het voorheen skool gehou by onder andere Hoërskool Groote Schuur, Hoërskool Swartland en Fairmont High. Sy het in 1998 by Hoërskool Porterville aangesluit en sê sy geniet dit nog steeds hier. Mev. O'Kennedy is lief vir die natuur, vir lees, mooi kunswerke en hou daarvan om tyd saam met haar familie deur te bring.
Barnie Mnr. Barnie Marais
H.O.D 4 (Hout- en Metaalwerk) (Stellenbosch)
Fasehoof SF
Ingeneursgrafika en -Ontwerp Graad 10-12
Landbou Tegnologie Graad 10-11

Mnr. Marais het in Wellington groot geword en 1987 sy skoolloopbaan voltooi by HTS Drostdy in Worcester. Hy het voorheen skool gehou by Hoërskool Jan van Riebeek in Kaapstad vir twee jaar asook Hoërskool Vista Nova in Pinelands vir twee jaar. Hy verlaat die onderwys en stig sy houtwerk onderneming in 1998 in die Paarl wat hy tot einde 2008 bedryf het.
Madelein Janse van Rensburg
Mev. Madelein Janse van Rensburg

Verbruikerstudie Graad 10-12
Sakestudie Graad 10
Tegnologie Graad 7-9

Begin onderwysloopbaan in 1986 by Hoërskool Swartkop in Pretoria. Junie 2001 verhuis die gesin na die Kaap waar Mev Janse van Rensburg by verskeie skole aflos, totdat sy permanent by Hoërskool Stellenberg skoolhou tot Desember 2014.
In Januarie 2015 sluit sy aan by Hoërskool Porterville. Sy het 3 dogters.

Heidi Süllwald
Me. Süllwald
BA English Literature and History (NMMU)
PGCE English and History (US)
English First Additional Language Grade 10 -12

Matriculate from York High in George. Went on to study at NMMU in PE.  Completed her post grad degree in teaching, with main subjects  English and History.
Jacques

Mnr. Jacques van Reenen
B.Sc. (Stellenbosch)

H.O.D. (Stellenbosch)
Lewenswetenskappe Graad 10-12
Lewensoriëntering Graad 7 , 8 , 9 & 11

Jacques van Reenen matrikuleer in 2012 aan Hoërskool  Parelvallei  Somerset–Wes. In 2018 doen hy 'n post matriek jaar aan Somerset Private Skool ten einde Fisiese Wetenskap as agtste vak te verwerf.
Verwerf sy BSC Sportwetenskappe in 2017 en daarna sy Nasionale Onderwys Sertifikaat (NOS) in 2018, te Universiteit Stellenbosch.
Hy begin sy onderwysloopbaan by Porterville Hoërskool in 2019.Benewens sy passie vir sy vakgebied het hy 'n groot belangstelling in sport en die afrigting daarvan.

Amoré Nel Me. Amorè Nel
BCom Finansiële Rekeningkunde (Stellenbosch)
H.O.D (Stellenbosch)
Graad 8-9 EBW
Graad 10-12 Rekeningkunde
Graad 12 Besigheidstudies

Matrikuleer aan Hoërskool Oos-Moot geleë in Pretoria. Begin onderwysloopbaan in 2017 by Hoërskool De Villiers Graaff in Villiersdorp. Sluit in Maart 2019 aan by HSP.
Alfreda Hanekom Mev. Alfreda Hanekom
B.ed. (OKB)
Graad 1

Tree toe tot onderwys as Graad 2 opvoeder by Laerskool de Villiers Graaff op Villiersdorp.
Begin met Leerondersteuning by Willemsvallei Primêr in 2009 en word as ALSO opvoeder in 2015 aangestel by HSP en Nuhoop Primêr.
Sy sluit in 2017 voltyds aan by HSP as Graad 1 opvoeder.
 Getroud met Riaan Hanekom en het 2 dogtertjies, Minke en Ané.


BEHEERLIGGAAM POSTE
Elaine Mev. Elaine Bester
B.Ed. (Int. Fase & Snr. Fase) (CPUT)
Afrikaans Graad 7-9
Me. Basson kom oorspronklik van Steytlerville en matrikuleer aan Hoërskool Brandwag in Uitenhage. Sy het altyd 'n droom gehad om 'n onderwyseres te word en studeer by CPUT op Wellington voordat sy in 2007 by Hoërskool Porterville aansluit. Sy trou in 2012 en is nou mev. Bester en het 2 seuns.
Beatrix Mev. Beatrix Boonzaaier
Onderwys Diploma ( Wellington Onderwyskollege)
Graad 1 Opvoeder
Hulp Graad 3

Mev. Boonzaaier is 'n Bolander gebore, maar in 1968 verhuis na Namibië. Sy het haar skoolloopbaan op Mariental voltooi waarna sy onderwys in Wellington gestudeer het. Sy het vir 20 jaar in Keetmanshoop skool gehou. In 1999 het sy verhuis na Porterville.
Mev. Elsa Mac Donald
Musiek - privaatlesse

Adriani Mev. Adriani Engelbrecht
ND: Toerismebestuur Kaapse Technikon
NHO: Sekondêre Onderwys

Toerisme Graad 10-12
Wiskundige Geletterdheid Graad 10-11

Mev. Engelbrecht was verbonde aan Tygerberg HS vanaf 2002 tot einde Julie 2009. Sy verhuis saam met haar man, Mnr. Willem Engelbrecht, na Porterville in Augustus 2009 en sluit in 2010 aan by HSP. Hul het ‘n seuntjie.
Cobus Louw
Mnr. Cobus Louw
B.Comm (US)
PGCE(Senior Phase & FET) UNISA (2014)
Hons. Bachelor of Education with specialisation in Educational Management (2018)

Fasehoof VOO
Landboubestuurspraktyk Gaad 10 - 12
Besigheidstudies Graad 11
EBW Graad 7-8B
Mnr. Louw is 'n oud-leerder van HSP. Nadat hy sy B.Comm-graad verwerf het, werk hy  vir 1 ½ jaar op Dasbosch Boerdery as bestuurder.  Hy skuif daarna na Die Denne Boerdery waar hy 13 jaar lank bestuurder was. Sy onderwysloopbaan begin in 2013 by HS Porterville. 

Demi-Ann James
Me Demi-Ann James
BA Geesteswetenskappe (US)
NOS - (Stellenbosch - 2015)
Engels Graad 7-9
Lewensoriëntering Graad 9

Juf James is afkomstig van Wellington.
Laetitia Mev. Laetitia Human
B.Sc. (Ed.) (RAU)
B.Ed. (RAU)

Geografie Graad 11-12
Natuurwetenskap Graad 7-9

Mev. Human begin haar onderwysloopbaan in 1981 by Hoërskool Jeugland in Kemptonpark. Later hou sy skool by Hoërskool John Vorster in Nigel en Pro Nobis in Dundee voordat sy aan die einde van 2000 met haar gesin na Porterville verhuis. Vanaf 2003 is mev. Human 'n personeellid by Hoërskool Porterville.
Jutie Janse van Rensburg
Mev. Jutie Janse van Rensburg
H.O.D. Handel (Sekondêr) (Kaapse Technikon/US)
ACE:FET:CAT (CPUT)

Rekenaar Toepassings Tegnologie Graad 10-12
Rekenaargeletterdheid Graad 3 - 9

Mev. Janse van Rensburg begin haar onderwysloopbaan in 1992 by Hoër Landbouskool Winterberg op Fort Beaufort in die Oos-Kaap. In Maart 2004 verhuis sy saam met haar gesin na Porterville en is sedertdien by Hoërskool Porterville.
Hetta
Mev. Hetta van der Merwe

Graad 2 opvoeder

Begin onderwyloopbaan by Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg in 1990. Sluit in 1995 by HSP aan. Is getroud en het een dogter.
Trieneke Theron
Mev. Trieneke Theron
Bed (VOO) Natuurwetenskappe
Fisiese Wetenskap Graad 10-12
Wiskunde Graad 6 & 7

Juf. Trieneke is afkomstig van Pretoria. Sy ontmoet haar man, Braam, tydens haar proeftydperk in Porterville in 2006. Hulle het 2 seuns, Braam en Schalk. Sy was verbonde aan Hoërskool Tulbagh vanaf 2008 tot 2016.


Hanneli
Mev. Hanneli Malherbe
B.Sc. Huishoudkunde (Ed) (Stellenbosch)
Skeppende Kunste Graad 4 – 9
Tegnologie Graad 9B
Rekenaargeletterdheid Graad 7
Lewensvaardighede Graad 4-6
Mev. Malherbe het groot geword en gematrikuleer in Durbanville. In 2010 sluit sy by Hoërskool Porterville aan.

Lindie

Mev. Lindie Naudé

B.A. (LO) Hons. (Stellenbosch)
Sosiale Wetenskappe Graad 8-9
Geografie Graad 10
Lewensoriëntering Graad 10

Mev. Naudé begin haar onderwysloopbaan in 1986 by Hoërskool Stellenberg in Durbanville. In 2003 sluit sy by Hoërskool Porterville aan. Mev. Naudé beklee 'n 2/3-pos.
Nanette Botha Me. Nanette Botha
BA (UNW)
B.Th - (US)
Afrikaans Huistaal Graad 10-12

Nanette Botha het haar BA met Afrikaans-Nederlands as hoofvak verwerf aan die UNW. Daarna voltooi sy haar Teologiese Studies(B.Th) aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy was die afgelope 3 en half jaar verbonde aan Hoërskool Hottentots-Holland in die Strand en het Verbruikerstudies en Tegnologie onderrig. Nanette het twee kinders: Rohann is n vlugkelner vir Flysafair en Amé is huidiglik 'n Gr 11 leerder by Hoërskool Porterville.


Heini

Mnr. Heini Redelinghuys
Sportorganiseerder

BA MBK (Stellenbosch)
Lewensvaardighede Graad 1-3
Lewensoriëntering Graad 11-12

Mnr. Heini is ‘n oud-leerder van HSP. Hy is sedert 2004 verbonde aan die skool en is getroud en hul het 3 seuns.


Mev. Marie Wilson

Mev. Wilson is ‘n pensionaris wat steeds vir HSP help waar nodig. Sy doen nou biblioteekwerk. Sy het ‘n mobielebiblioteek waar sy boeke neem na skooltjies wat ver van die bibloteek is. Sy gee so vir die leerders die geleentheid om inligting vir hul skooltake te bekom. Die leerders neem ook boeke uit om sodoende vir hul die liefde vir lees aan te kweek.
Mev. Denise Hendricks
IF Remediëring


NIE-ONDERWYSPERSONEEL


Mev. Alet Kriel

Finansiële Sekretaresse
ND Interne Ouditkunde (Kaapse Technikon)
Mev. Kriel is op Porterville gebore en het in 1987 aan Hoërskool Porterville gematrikuleer. Sy is met 'n Porterviller, Awie Kriel, getroud en sy het drie kinders.


Mev. Glenda Verwey
Sekretaresse

 Sy het gematrikuleer aan die Hoërskool Namakwaland in 1981. Verhuis vanaf Greyton na Porterville in 2009. Is getroud met Le Roux en het twee dogters. Sy is sedert 2011 betrokke by HSP.


Mev. Elna Lombard
Ontvangsdame/Kassiëre

Sekretariële Kursus (Tygerberg Technikon)
Matrikuleer aan Hoërskool Porterville 1984. Getroud met Frans Lombard. Hul het ‘n dogter, Chanel en ‘n seun, Francois.

Hendrik

Mnr. Hendrik van Wyk

Skoolopsigter
Koos Mnr. Koos Jordaan
Algemene werker



Kassie Me. Kassie van Schalkwyk
Algemene werker





Mnr. Allen Swartz

Algemene werker


Mnr. Gideon Valentyn

Algemene werker
Johanna Victor
Mev. Johanna Victor
Algemene werker